Die Kasteoorlog (Spaans: Guerra de Castas) was 'n tydelik suksesvolle, maar uiteindelik mislukte onafhanklikheidsoorlog van die Mayas op die Yucatan-skiereiland tussen 1847 en 1901, aanvanklik teen die Republiek van Yucatán en later teen die Meksikaanse staat.

duimnael|links|Invloedsfeer van die Mayas omstreeks 1901 Die oorlog het begin met 'n opstand van die inheemse Maya-bevolking van Yucatan teen die bevolking van Europese afkoms, Yucatecos genoem, wat in politieke en ekonomiese beheer van die streek was. Die lang oorlog het uitgebreek tussen die Yucateco-magte in die noord-weste van Yucatan en die onafhanklike Maya-bevolking in die suid-ooste. Die oorlog is amptelik deur die verowering van die laaste Mayastad Chan Santa Cruz deur Meksikaanse troepe beëindig, alhoewel skermutselings met dorpe en klein nedersettings wat geweier het om Meksikaanse beheer te erken vir meer as 'n dekade voortgesit is.

Verwysings

Bronne Alfonso Villa Rojas: Los elegidos de Dios – etnografía de los mayas de Quintana Roo. Capítulo III: La guerra de castas y el aislamiento de Quintana Roo. Capítulo IV: La pacificaicón de Quintana Roo. México, Instituto Nacional Indigenista, 1987, . Silvia Terán Contreras, Christian Heilskov Rasmussen: Xocén – el pueblo en el centro del mundo, p. 49-62: Guerra de Castas. Ediciones de la Universidad Autónoma de Yucatán, Mérida 2005. . Nelson A. Reed: The Caste War of Yucatán. Stanford University Press, Stanford,Calif., 2001, .

Eksterne skakels Mexiko-Lexikon: Guerra de las Castas In Search of the Talking Cross of Chan Santa Cruz The Caste War, the Church of the Speaking Cross, and the Cruzob Maya by Jeanine Kitchel

Kategorie:Maja Kategorie:Oorloë