Die Koekoorlog (Frans: Guerre des Pâtisseries, Spaans: Primera Intervención francesa en México) was 'n oorlog, wat met die Franse inval in Meksiko op 16 April 1838 begin het en met die onttrekking van die Franse troepe op 9 Maart 1839 geëindig het.

duimnael|links|Die Franse fregat Gloire tydens die Koekoorlog. duimnael|links|Die bombardering van die San Juan de Ulua vesting op 27 November 1838. duimnael|links|Die slag van Veracruz op 6 Desember 1838.

Aanloop Die tyd tussen die stigting van die Meksikaanse Republiek in 1824 en die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog (1846-1848) was onrustig. Daar was baie plunderings en die geplunderdes kon skaars hoop op restitusie deur die Meksikaanse Republiek. Daarom het buitelandse inwoners van Meksiko hul dikwels tot die regerings van hul tuislande gewend en skadevergoeding vir ervare onreg geëis.

So was daar dan 'n Franse bakker in Tacubaya, 'n voorstad van Meksikostad, Monsieur Remontel. Sy bakkery is in 1828 deur plunderende Meksikaanse beamptes verwoes en hy het die Franse koning Louis-Philippe (1773-1850) om hulp gevra. Frankryk het daarop 600 000 peso's as skadevergoeding vir die vernietigde bakkery geëis en die diplomaat Baron Beffaudis het Meksiko 'n ultimatum gestel.

Vyandelikhede Nadat die Meksikaanse President Anastasio Bustamante (1780-1853) nie betaal het nie, het Louis Philippe 'n vloot onder admiraal Charles Baudin (1792-1854) na Meksiko gestuur, om alle Meksikaanse hawens in die Golf van Meksiko te blokkeer, die vesting van San Juan de Ulúa te bombardeer (27 November 1838) en die hawe van Veracruz te beset. Meksiko het op 30 November 1838 oorlog teen Frankryk verklaar en in Desember 1838 het die Franse die hele Meksikaanse vloot in Veracruz vasgekeer. Die blokkade het agt maande geduur.

Dit verteenwoordig die eerste Trans-Atlantiese versending van stoombote, omdat die stoombote Phaeton en Metéore deel uitgemaak het van Baudin se vloot. Lawrence Sondhaus: Navies of Europe. 1815-2002. 2002, bl. 16–17.

Op 9 Maart 1839 het die Franse troepe onttrek nadat onder Britse diplomatieke bemiddeling die Meksikaanse President Bustamante die 600 000 peso's aan Frankryk betaal het.

Sien ook Franse inval in Meksiko

Verwysings

Bronnelys Nofi, Albert A.; The Alamo and the Texas War for Independence; Da Capo Press; Warner, Michael S.; Consise Encyclopedia of Mexico; Fitzroy Dearborn. Marley, David; Wars of the Americas: a chronology of armed conflict in the New World, 1492 to the present

Eksterne skakels

Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Geskiedenis van Meksiko Kategorie:Oorloë