Pseudobarbus (Rooivlerkies) is 'n genus van visse wat aan die familie Cyprinidae behoort. Hierdie genus kom slegs voor in die Kaapse Plooiings- en die Drakensberge. Alle volwasse visse het rooi kolle op die basis van die vinne. Die mannetjies se kleur is helderder en het langer vinne. Alle spesies het ten minste een paar 'baarde' onder die mond. Die voortbestaan van al die spesies word bedreig.

Spesies Spesies wat hoort tot die genus en voorkom in Suider-Afrika: Pseudobarbus afer - Oos-Kaapse rooivlerkie Pseudobarbus asper - Kleinskub-rooivlerkie Pseudobarbus burchelli - Burchell se rooivlerkie Pseudobarbus burgi - Bergrivier-rooivlerkie Pseudobarbus phlegethon - Vurige rooivlerkie Pseudobarbus quathlambae - Maloti-rooivlerkie Pseudobarbus tenuis - Slankrooivlerkie

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse