Die Republiek van Yucatán (Spaans: República de Yucatán) was 'n onafhanklike Noord-Amerikaanse republiek wat op 16 Maart 1841 gestig is en tot op 14 Julie 1848 bestaan het. Die republiek was vernoem ná die Yucatan-skiereiland, waarop dit geleë het.

duimnael|links|Kaart van Meksiko in 1847. duimnael|links|Die vyf distrikte van die Republiek van Yucatán. Die eerste Republiek van Yucatán, wat op 29 Mei 1823 gestig is, het op 23 Desember 1823, minder as sewe maande later, vrywillig by die Meksikaanse Federasie as Gefedereerde Republiek van Yucatán aangesluit het. Die tweede Republiek van Yucatán het in 1841 met die verklaring van onafhanklikheid van die Meksikaanse Federasie begin. Dit het onafhanklik gebly vir sewe jaar, waarna dit weer by die Meksikaanse Federasie aangesluit het. Die republiek het op die gebied van die huidige Meksikaanse deelstate Yucatán, Campeche en Quintana Roo bestaan. Die Republiek van Yucatán verwys gewoonlik na die Tweede Republiek (1841-1848).

Die Republiek van Yucatán was regeer met die Grondwet van 1841, een van die mees gevorderde van sy tyd. Dit het individuele regte, godsdiensvryheid en wat was dan 'n nuwe wetlike vorm genaamd amparo (beskerming). Die Kasteoorlog van 1847 dwing die Republiek van Yucatán om militêre ondersteuning van Meksiko te versoek. Dit is gegee op voorwaarde dat die Republiek van Yucatán weer by die Meksikaanse Federasie aansluit.

Verwysings

Bronne Diccionario Quintana Roo Enciclopedia Regional, Héctor Campillo Cuautli, Fernández Editores, México, 1988. (pp. 18–19) Enciclopedia "Yucatán en el tiempo", TOMO III, 1998 Cordourier, Alfonso y otros, Historia y Geografía de Yucatán, EPSA, México 1997 Miguel Barbachano al Exmo. Sr. Ministro de Relaciones de la República, Mérida, 17 de abril de 1848. Archivo General de la Nación, Gobernación, sin sección, vol. 356, exp. 5.

Eksterne skakels

Cuarto de siglo de constiyucionalismo en Yucatán (1825-1850) Anuario Mexicano de Historia del Derecho 160 aniversario de la Bandera de Yucatán 17 de agosto de 1848. - Yucatán se anexa nuevamente a la República Mexicana La Historia de la República de Yucatán Todas las desgracias anteriores no deben recordarse Yucatán en el siglo XIX

Kategorie:Geskiedenis van Meksiko