Die sandolien of ysterbos (Dodonaea viscosa) is klein boompie wat voorkom aan die kusgebiede van Suid-Afrika vanaf Saldanhabaai tot in Mosambiek en ook in Gauteng, Mpumalanga, dele van Noordwes en Limpopo. Dit kom ook voor in die sentrale gedeelte van Zimbabwe. Die blare is enkelvoudig en gewoonlik harpuisagtig wat dit blink en klewerig maak. Die vrugte is sowat 1,5 cm in deursnee. Die boom staan ook bekend as die Ysterbos en in Engels as die Sand-olive.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bron Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Eksterne skakels SANBI

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika