Die bosrooiessenhout (Trichilia dregeana) is 'n middelmatige tot groot woudboom, ook bekend as die basteressenhout. Die boom se FSA-nommer is 300.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Beskrywing Die sewe tot elf blaartjies van die groot saamgestelde blaar het sewe tot twaalf sywaartse are, tipies minder as by die eenderse rooiessenhout. Die vrug is rooierig-bruin en sferies, en sowat 3 cm in deursnee. Soos by die rooiessenhout word die swart sade byna omhul deur 'n rooi aril.
Verspreiding In Suid-Afrika is dit inheems aan die woude van KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Verder noord in Afrika is die boom inheems aan Angola, Ethiopië, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, die Kongo, Liberië, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Galery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Trichilia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Liberië Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe