250px|duimnael|links|Die Bariaco is 'n bedreigde lid van die Meliaceae, weens oorbenutting van sy hout

Meliaceae is die mahonie-familie wat hoort tot die orde Sapindales. Die familie kom voor in tropiese en subtropiese areas en is bekend vir sy timmerhoutbome. Dit sluit verskeie spesies mahoniebome van Afrika in asook twee ingevoerde genera, Toona - voorheen Cedrela, en Melia - voorheen bekend as die Persiese sering. Die twee genera is na Suid-Afrika uitgevoer waar hulle genaturaliseer het.

Spesies Van die inheemse Suid-Afrikaanse spesies is: Bergmahonie (Entandrophragma caudatum) Bosrooi-essenhout (Trichilia dregeana) Essenhout (Ekebergia capensis) Klapperbos (Nymania capensi) Rooiessenhout (Trichilia emetica)

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bron Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Eksterne skakels Project Meliaceae

* Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies