Die Vanwykshout (Bolusanthus speciosus) is 'n klein tot middelgroot boom wat van seevlak af tot middelmatige hoogtes groei. Dit kom voor in die noordooste van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Dit is ook inheems aan die noordooste van Botswana en sentraal Zimbabwe asook Eswatini, Malawi, Mosambiek en Zambië. Dit het saamgestelde blare en die blomme het 'n tipiese ertjie-vorm. Die blomme is blou tot ligpers van kleur en word in blomtakkies gedra wat tot 30 cm lank word.
Daar is net een spesie in die genus Bolusanthus, dit is dus 'n monotipiese takson.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe