Die Huilboom (Peltophorum africanum) is 'n struik of 'n boom wat tot middelgroot kan word. Die boom is dikwels twee- of driestammig by die basis vertak. Dit verkies bosryke grasveld en vleirande om op te groei. Die boom het varingagtige steunblare van ongeveer 10 mm lank aan die basisse van die blaarstele op die jong lote. Die blomme bestaan uit heldergeel blomtakkies van tot 15 cm lank. Dit dra ook peule van sowat 10 x 2 cm wat vir maande aan die boom bly. In Engels staan die boom bekend as African weeping wattle. Die boom se FSA-nommer is 215.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Verspreiding Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die spesie in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes voor.
Reënboom duimnael|links|150px|Ptyelus grossus-skuimbesies Hierdie boom is een van die bome wat in Afrika as reënbome bekendstaan. In die lentemaande drup daar soms water van dié bome se takke. Die verskynsel word veroorsaak deur 'n klein insek wat die skuimbesie Ptyelus grossus genoem word. Onvolwasse skuimbesies pak saam op die jong lote en verkry hul voedsel deur die sap te suig. Terwyl hul sap inneem, skei die insekte suiwer water af wat die reën of gehuil veroorsaak.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe