Die Vlam-van-die-vlakte (Bauhinia galpinii) is 'n struik wat ook as 'n klein boompie voorkom. Die spesie is inheems aan Angola, Eswatini, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Mosambiek en Zimbabwe. Dit kom ook voor as 'n klimplant. Die plant is so gewild as 'n tuinplant dat die natuurlike verspreiding daarvan onduidelik is. In Engels staan die spesie bekend as die Pride-of-De-Kaap, verwysend na die De Kaapvallei in Mpumalanga.Bauhinia galpinii, Sanbi
Prentgalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Kategorie:Bauhinia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe