__NOTOC__

Die dopperkiaat (Pterocarpus rotundifolius) is 'n middelgroot boom wat voorkom noord van die Vaalrivier en in KwaZulu-Natal. Dit is ook volop in die suidelike Krugerwildtuin. Die boom is inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Die bome blom in die somer en die blomme bars dikwels oop na die reën of op 'n bewolkte dag. Die peule is 3.5 cm in deursnee en kleiner as dié van die kiaat. Die boom se FSA-nommer is 237.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe