Die Rooikat (Latyn: Lynx) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim wat in die 17de eeu deur Johannes Hevelius geskep is. Dit is ’n baie dowwe sterrebeeld waarvan die helderste sterre ’n sigsag-lyn vorm.
Ruimtevoorwerpe Die enigste ster in die konstellasie met ’n naam is Alsciaukat, van die Arabiese woord vir "doring". Dit is ook bekend as 31 Lyncis of κ Lyncis.
Die sterreswerm NGC 2419, ook bekend as die Intergalaktiese Swerwer, is een van die verstes van die Aarde af. Dit lyk of dit in ’n wentelbaan om die Melkweg is – een omwenteling duur drie miljard jaar.
Verwysings
Ian Ridpath en Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. . Princeton University Press, Princeton. . Ferris, Timothy. Seeing in the Dark. 2002. p. 244
Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Lynx The clickable Lynx Star Tales – Lynx
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia