Die Internasionale Krieketraad (afgekort: IKR; Engels: ICC vir International Cricket Council) is die internasionale beheerliggaam van krieket. Hulle organiseer internasionale toetskrieket sowel as internasionale eendagwedstryde. Vir die opstel van die krieketwette is die Marylebone-krieketklub (MKK, Engels: Marylebone Cricket Club) egter sedert 1788 verantwoordelik.
duimnael|links|Die IRK se hoofkantoor in Doebai Die Imperiale Krieketkonferensie is op 15 Junie 1909 as die Imperiale Krieketkonferensie deur Australië, Engeland en Suid-Afrika op die Londense Lord’s gestig. Op 31 Mei 1926 het Indië, Nieu-Seeland en Wes-Indië as volle lede aangesluit. In 1952 het Pakistan gevolg, 1981 Sri Lanka, 1992 Zimbabwe, 2000 Bangladesj, asook in 2017 beide Afghanistan en Ierland. Die raad is in 1965 herdoop tot die Internasionale Krieketkonferensie en het in 1989 sy huidige naam aangeneem. In 2005 het die IKR sy hoofkantoor van die Lord’s-krieketveld in Londen na Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate verskuif. Die amptelike taal is Engels. Die Internasionale Krieketraad se huidige voorsitter is die Indiër Jay Shah.
Konfederasies Internasionale Krieketraad het vyf konfederasies as lid, naamlik: Afrikakrieketvereniging IKR Amerikas Asiatiese Krieketraad Europese Krieketraad IKR Oos-Asië-Oseanië
Lidmaatskap Die IKR onderskei tussen twee vlakke van lidmaatskap:
Volle lidmaatskap
duimnael|400px|Lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) volgens status: Vir die tradisioneel groot krieketlande. Hierdie lande kan toetswedstryde speel. Hierdie lande het twee stemme elk tydens IKR-vergaderings. Die volgende 12 lande is volle lede (in volgorde van aansluiting): (sedert 15 Maart 1877) (sedert 15 Maart 1877) (tussen 12 Maart 1889 en 10 Maart 1970, weer sedert 18 April 1992) (sedert 23 Junie 1928) (sedert 10 Januarie 1930) (sedert 25 Junie 1932) (sedert 16 Oktober 1952) (sedert 17 Februarie 1982) (tussen 18 Oktober 1992 en 10 Junie 2004, 6 Januarie 2005 en 18 Januarie 2006 en weer sedert 3 Augustus 2011) (sedert 10 November 2000) (sedert 22 Junie 2017) (sedert 22 Junie 2017)
Assosiaatlede 96 kleiner lande waar krieket 'n gevestigde sport is of as sport ontwikkel word, met een stem elk.
Daar was oorspronklik drie vlakke van lidmaatskap, maar die IKR het die geaffilieerde lidmaatskap in 2017 verwyder en alle voormalige geaffilieerde lede het geassosieerde lede geword.
Voormalige lede (1992–2015) (2002–2013) (1999–2019) (1966–1989) (1989–2003) (2012–2022) (2000–2014) (1976–2003) (2003–2021)
Verwysings
Eksterne skakels
Die IKR se amptelike webtuiste Die IKR se Heldesaal Die IKR se ranglys
Kategorie:Krieketbeheerliggaam