Die Lord’s-krieketveld (afgekort as Lord’s) is 'n bekende krieketstadion in St John's Wood, 'n wyk in die Engelse hoofstad Londen. Die stadion bied sitplek aan 30 000 toeskouers en word deur die Marylebone-krieketklub (MCC) besit. Lord’s word dikwels The Home of Cricket genoem.

Lord’s is ook die tuiste van die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) sowel as die Europese Krieketraad (ECC). Dit is die tuiste van die Internasionale Krieketraad (IKR) se hoofkantoor, maar die IKR se administratiewe kantore is in 2005 na Doebai verskuif.

Die oudste sportmuseum ter wêreld is op Lord’s geleë en huisves onder ander die bekende urn van Die As-kompetisie.

Behalwe krieket kan hier ook ander sportsoorte soos bofbal, tennis en boogskiet beoefen word. Byvoorbeeld is Lord’s tydens die Olimpiese Somerspele 2012 vir boogskiet gebruik.

duimnael|links|300px|Lord’s se hoofpawiljoen

Geskiedenis duimnael|Gekerfde muur by Lord’s Oor die jare was daar reeds drie Lord’s-krieketvelde. Die oorspronklike een in deur Thomas Lord in 1787 op Dorset Square in Marylebone ('n wyk in Londen) gestig. Die eerste gewone krieketwedstryd wat op Lord’s gespeel is, was 'n jaarlikse wedstryd tussen die skole Eton-kollege en Harrow School in 1805. In 1810 is Lord’s na 'n park verplaas, en in 1814 moes hulle weer trek omdat daar 'n waterkanaal gegrawe is. Sedert 1814 is Lord’s op sy huidige plek. Die Middlesex County Krieketklub, wat in 1864 gestig is, het in 1877 hul tuiswedstryde by Lord’s begin speel nadat hulle hul stadion in Chelsea ontruim het. Powell, William (1989). The Wisden Guides To Cricket Grounds. London: Stanley Paul & Co. Ltd. bl. 14–7. .

Die eerste toetswedstryd wat hier gespeel is, het op 21 Julie 1884 tussen Engeland en Australië plaasgevind. Die eerste internasionale eendagwedstryd (EDI) het op 26 Augustus 1972 tussen Engeland en Australië plaasgevind. Lord’s is reeds tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde gebruik: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019. Vervolgens is op Lord’s vyf krieketwêreldbekereindstryde aangebied, meer as op enige ander krieketveld. In 2009 is die veld vir die IKR se T20I-wêreldbeker en die gelyktydige T20I-vrouewêreldbeker gebruik en het dit ook die eindstryd tussen Pakistan en Sri Lanka aangebied. Lord’s is ook tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2026 vir wedstryde gebruik, waaronder die eindstryd tussen Australië en Engeland.

Wedstryde Krieketwêreldbeker 1975

Krieketwêreldbeker 1979

Krieketwêreldbeker 1983

Vrouekrieketwêreldbeker 1993

Krieketwêreldbeker 1999

T20I-wêreldbeker 2009

T20I-vrouewêreldbeker 2009

Vrouekrieketwêreldbeker 2017

Krieketwêreldbeker 2019

T20I-vrouewêreldbeker 2026

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Lord’s se amptelike webtuiste Lord’s op ESPNcricinfo

Kategorie:Sportgeriewe in Londen Kategorie:Krieketstadions in Engeland Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:T20I-wêreldbekerstadions Kategorie:T20I-vrouewêreldbekerstadions Kategorie:Vrouekrieketwêreldbekerstadions