Die 2012-Rugbykampioenskapsreeks was die eerste jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland gewees. Die reeks is vanaf 18 Augustus tot 6 Oktober 2012 gespeel. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die elfde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan. Dit is van die vorige Drienasiesreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.
Formaat Die formaat vir die 2012-toernooi is aangepas omdat dit nou deur vier spanne uitgespeel word. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 6 0 0 177 66 +111 2 262 6 3 0 3 101 137 −36 0 123 6 2 1 3 120 109 +11 2 124 6 0 1 5 80 166 −86 2 4
Wedstryddatums DatumDatumWeek 118 AugustusWeek 415 SeptemberWeek 225 AugustusWeek 529 SeptemberWeek 38 SeptemberWeek 66 Oktober
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Rugbykampioenskapreekskampioen 2012
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Dan Carter 58 2 Berrick Barnes 40 3 Bryan Habana 35 4 Morné Steyn 34 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Bryan Habana 7 2 Cory Jane 5 3 Aaron Smith 3 Israel Dagg Julian Savea
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels 2012-Rugbykampioenskapreeks op ESPNscrum
Kategorie:Die Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2012