Die klapperbos (Nymania capensis) is gewoonlik 'n struik wat soms ook 'n klein boompie word. In Engels staan dit bekend as die Chinese Lantern. Die plant kom voor in suidelike Namibië, die Richtersveld, Namakwaland, Ceres, die Tankwa Karoo, Boesmanland, Worcester - Robertson Karoo en die Klein Karoo. Dit het besonder roosrooi vrugte. Die vrugte is papieragtig en ballonvormig vierkantig en omtrent 4 x 4 cm groot.

Galery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Kategorie:Bome van Afrika capensis Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika