Melianthaceae is die baakhout-familie wat hoort tot die orde Geraniales. Daar is 17 spesies wat wêreldwyd tot die orde hoort waarvan 14 in Suider-Afrika voorkom en 8 daarvan is bome. Hierdie familie is endemies tot Sub-Sahara Afrika. Bome in die familie is klein. Die familie se hout is sag en hul het enkelvoudige, afwisselende blare wat byna rond is. Die blare het verskeie are vanaf die basis.
Spesies Van die spesies is: Blinkblaarwitessenhout (Bersama lucens) Gladblaarbaakhout (Greyia sutherlandii) Keibaakhout (Greyia flanaganii) Witessenhout (Bersama tysoniana) Wollerige baakhout (Greyia radlkoferi)
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies