Die kuskatoenboom (Hibiscus tiliaceus) - ook bekend as die kusvuurblom - is 'n klein boompie en enigste spesie van die Hibiscus-genus wat werklik 'n klein boompie word. Dit groei aan die kus vanaf Port Elizabeth tot in Mosambiek. Hier vorm dit dikwels some om riviermondings en getyriviere. Die blomme is skoupelagtig en groot. Hulle is eers geel en word later appelkooskleurig namate hul ouer word. Die stingels en takke is lank en buigbaar. In Engels staan die boom bekend as die Lagoon hibiscus.
Galery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Plants of the World Online Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
tiliaceus Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika