Rubiaceae is die katjiepiering-familie wat hoort tot die orde Gentianales. Wêreldwyd hoort daar 13,000 spesies tot die familie waarvan 240 in Suider-Afrika voorkom en daarvan is 100 spesies bome. Die familie word oral in die warmer gedeeltes van die wêreld aangetref. Twee bekende spesies is: Cinchona calisaya van Suid-Amerika wat se kinien gebruik word vir behandeling teen malaria en Coffea arabica van Ethiopië en Arabië wat vir kommersiële koffie verbou word.
Boomspesies Van die spesies is: Bosdoringklipels (Canthium inerme) Boskatjiepiering (Gardenia thunbergia) Bosveldkatjiepiering (Gardenia volkensii) Bosveldwitklokke (Rothmannia fischeri) Breekhout (Alberta magna) Doringkatjiepiering (Hyperacanthus amoenus) Duinebruidsbos (Pavetta revoluta) Fluweelklipels (Canthium gilfillanii) Geelblomvoëlbessie (Psychotria capensis) Gladdeslapmispel (Lagynias lasiantha) Harpuiskatjiepiering (Gardenia resiniflua) Hoedespeldlukwart (Oxyanthus pyriformis) Kalahariwildemispel (Vangueria cyanescens) Klipels (Canthium mundianum) Kwar (Psydrax obovata) Mingerhout (Breonadia salicina) Poeierbaskatjiepiering (Gardenia ternifolia) Rooivoëlbessie (Psychotria zombamontana) Septemberklokkies (Rothmannia globosa) Treurbruidsbos (Pavetta lanceolata) Valsbruidsbos (Tarenna pavettoides) Valskatjiepiering (Rothmannia capensis) Valsmispel (Vangueriopsis lanciflora) Wildegranaat (Burchellia bubalina) Wildelukwart (Oxyanthus speciosus) Wildemispel (Vangueria infausta) Zoeloelukwart (Oxyanthus latifolius)
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van Rubiaceae-genera
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Rubiaceae Kategorie:Plantfamilies