Die bosveldkatjiepiering (Gardenia volkensii) - voorheen Gardenia spatulifolia - is 'n klein boompie wat in KwaZulu-Natal en noord van die Vaalrivier voorkom. Die blomme is wit wanneer hulle oopgaan - soos die van die Boskatjiepiering - maar verdof tot geel. Die vrugte is grysgroen, vlak gerib en is 60 x 30 mm groot. Hulle het dikwels grys of witterige kolle op.

Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Eswatini, Ethiopië, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Somalië, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online

volkensii Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe