Combretaceae is die Combretum-familie wat hoort tot die orde Myrtales. Die familie is betreklik klein met omtrent 10 genera en 500 spesies wat wêreldwyd voorkom.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77126653-1 In Suid-Afrika is die genera Combretum en Terminalia die belangrikste.

Die genus Combretum het opvallende vrugte met vier vlerke en die genus Terminalia se vrugte het twee vlerke. Die genus Lumnitzera het geen vlerke nie. Al die genera het enkelvoudige blare met gawe of ongetande rande.

Genera

Combretum Loefl. Conocarpus L. Dansiea Byrnes Getonia Roxb. Guiera Adans. ex Juss. Laguncularia C.F.Gaertn. Lumnitzera Willd. Macropteranthes F.Muell. ex Benth. Strephonema Hook.f. Terminalia L.

Suider-Afrikaanse spesies Bosvaderlandswilg (Combretum kraussii) Fluweelboswilg (Combretum molle) Hardekool (Combretum imberbe) Kierieklapper (Combretum hereroense) Riviervaderlandswilg (Combretum erythrophyllum) Sterkbos (Terminalia prunioides) Vaalboom (Terminalia sericea) Vlamklimop (Combretum microphyllum)

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bron Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies Kategorie:Combretaceae