duimnael|regs|250px|Kenteken van die Big Brother-werklikheidsreeks. duimnael|regs|250px|Amerikaanse Idols.

'n Werklikheidsreeks is 'n televisieprogram waarin nie toneel gespeel word nie, maar die kyker gebeure kan sien soos dit in die werklikheid plaasgevind en opgeneem is. Werklikheidsreekse maak gewoonlik nie van professionele akteurs gebruik nie, maar beeld gewone mense in dramatiese of humoristiese omstandighede uit. Sulke programme sluit TV-speletjies, vasvra-programme en ontdekkingstogte in. Dokumentêre programme, nuus en sport-programme word nie as werklikheidsreekse beskou nie.

Afrikaanse werklikheidsreekse Voorbeelde van Afrikaanse werklikheidsreekse: Saktyd, KykNET Boer Soek 'n Vrou, KykNET Supersterre, SAUK2 Afrikaanse Idols, KykNET Die Sanger (Ons soek...)

Engelse werklikheidsreekse Enkele bekende Engelse werklikheidsreekse ter illustrasie: Suid-Afrikaanse Idols Big Brother Masterchef

Kategorie:Televisie