duimnael|links|Pluto, die helder voorwerp in die middel, en sy mane: Charon, die tweede helderste voorwerp, met Nix links-bo en Hidra links-onder, soos waargeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop op 15 Februarie 2006. duimnael|links|'n Kunstenaarskonsep van Pluto met Charon in die agtergrond. Charon (Grieks: Χάρων) is die grootste en naaste van die vyf bekende mane van die dwergplaneet Pluto. Sy gemiddelde deursnee is 1 212 km, wat effens meer as die helfte van die deursnee van Pluto uitmaak. Dit is in vergelyking met ander mane in die sonnestelsel buitengewoon groot.

Die maan is op 22 Junie 1978 deur die Amerikaanse sterrekundige James W. Christy ontdek, byna 50 jaar ná die ontdekking van Pluto. Ná die ontdekking van Nix en Hidra in 2005, die ontdekking van Kerberos in 2011 en Styx in 2012 word Charon ook (134340) Pluto I genoem.

Op 14 Julie 2015 het die New Horizons-sending foto's van Charon en Pluto na die aarde gestuur. Die ruimtetuig was op daardie stadium 12,500km vanaf Pluto en 466,610 km vanaf Charon.

Naam Charon was eers bekend onder die tydelike naam S/1978 P 1. Op 24 Junie 1978 het Christy die naam "Charon" voorgestel as ’n weergawe van sy vrou, Charlene, se bynaam, "Char". Ondanks ander voorstelle het hy aangedring op dié naam toe hy uitvind dit verwys na ’n figuur uit die Griekse mitologie – Charon is die bootsman van die dooies en word verbind met die god Hades, wat in die Romeinse mitologie Pluto genoem word. Die Internasionale Sterrekundevereniging (IAU) het die naam in 1985 goedgekeur en op 3 Januarie 1986 bekend gestel.

Die ander mane (Styx, Nix, Hidra en Kerberos) het ook name gekry uit die Griekse mitologie wat met die onderwêreld verband hou.

Sy oseaan Op basis van die LORRI (LOng-Range Reconnaisance Imager) se resultate van die New Horizons besoek aan die Plutostelsel word gedink dat Charon 'n ondergrondse oseaan gehad moet hê, wat aanvanklik deur die radioaktiwiteit in sy binneste vloeibaar gehou is. Later het egter die hele oseaan bevries. En omrede ys uitsit wanneer dit bevries het die kors van die maan daardeur gebars. Die gevolg is klowe wat 1 800 km lank en 7,5 km diep is.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Mane van Pluto