Saktyd is ’n Suid-Afrikaanse werklikheidsreeks wat tussen 17 Julie 2012 en 9 Oktober 2012 op die Afrikaanse betaalkanaal kykNET (kanaal 111 en 144Die Burger. 2012. Vind DStv se ou en nuwe kanale só [Aanlyn]. Beskikbaar: http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Vind-DStv-se-ou-en-nuwe-kanale-so-20121001 , 1 Oktober.) op DStv uitgesaai is. Die woord ‘saktyd’ verwys na die tyd wanneer ’n tydskrif of koerant gedruk moet word.

Die reeks is geloods in samewerking met Suid-Afrika se grootste, oudste en bekendste tydskrif, Huisgenoot, wat 13 deelnemers in verskillende take die kans gegun het om ʼn pos as joernalis by dié tydskrif los te slaan.

Die reeks is op Dinsdae om 19:30 uitgesaai, en is vyf keer in die week op kykNET herhaal: Woensdae om 10:30, Vrydae om 00:00 en 22:00, Saterdae om 15:30 en Sondae om 09:00.

In die finaal op 9 Oktober 2012 is die 26-jarige proefleser en kopieskrywer Christiaan Boonzaier van Kaapstad by Skouspel voor 'n gehoor van 6000 mense as die algehele wenner aangewys.Huisgenoot. 2012. Saktyd se Christiaan glo aanhouer wen [Aanlyn]. Beskikbaar: http://huisgenoot.com/fokus/saktyd-se-christiaan-glo-aanhouer-wen/ , 10 Oktober.

Beweegrede Volgens kykNET se bemarkingsbestuurder, Haddad Viljoen, is Saktyd se konsep deur Huisgenoot, kykNET en die produksiemaatskappy Homebrew Films geformuleer; die eindproduk is, volgens Viljoen, ’n eerste vir Suid-Afrika. Haidee Muller, verslaggewer by Huisgenoot en Saktyd-beoordelaar, is egter van mening dat die idee grootliks die geesteskind van Esmaré Weideman – voormalige hoofredakteur van Huisgenoot, YOU en Drum, en tans Media24 se Uitvoerende Hoof – is. Op haar beurt, het Weideman gesê dat die idee van Saktyd gebore is uit lesers en die publiek se versoeke om te weet wat dit verg om ʼn Huisgenoot-storie te skryf. Die program het dus, volgens Weideman, gepoog om vir aanhangers van Suid-Afrika se grootste tydskrif ʼn kykie te gee in die baie harde maar baie opwindende wêreld van weekblad-tydskrifjoernalistiek. Tegelykertyd, het Izelle Venter – hoofbeoordelaar en ook Huisgenoot, YOU en Drum se huidige hoofredakteur – gesê dat die Huisgenoot-span daagliks talentvolle mense soek om by Huisgenoot te werk – en vandaar die idee van Saktyd, wat 13 deelnemers in 13 episodes uitgedaag het om ʼn pos as joernalis by dié tydskrif te wen.

Formaat Saktyd se formaat is nie verskillend van ander werklikheidsreekse nie. In elk van die reeks se 13 episodes is uitdagings gestel wat basiese vaardighede getoets het – vaardighede wat ʼn persoon in die tydskrifbedryf benodig. Alhoewel daar aanvanklik berig is dat die beoordelaars die deelnemers een-vir-een sal uitstem, is daar in episode 3 (wat op 31 Julie 2012 uitgesaai is) twee wendings aangekondig:

die verloorspan sal na Die Hok gestuur word – 'n vertrek waar deelnemers wat swak skryfwerk gelewer het kon motiveer hoekom hulle nog 'n kans gegun moet word, die deelnemers sal self die geleentheid kry om 'n mede-deelnemer uit te stem.

Die deelnemer wat laaste oorbly word as die wenner gekroon.

Beoordelaars Izelle Venter – hoofredakteur (Huisgenoot, YOU en Drum) Wicus Pretorius – adjunkredakteur (Huisgenoot) Haidee Muller – verslaggewer (Huisgenoot)

Pryse Die prys is ’n jaarkontrak om as joernalis by Huisgenoot te werk.

Deelnemers [In alfabetiese volgorde volgens naam]

NaamDie Burger. 2012. Sak, Sarel, dis tyd vir Saktyd... “Die Burger,” 16 Mei, 12. Ouderdom♠ Woonagtig BeroepkykNET. 2012. Profiele [Online]. Beskikbaar: http://kyknet.dstv.com/programme/saktyd/ [2012, July 7]. Astrid Lippert-Fisher 32 Muizenberg Koördineerder by In Country Christiaan Boonzaier ("Rooibaard"♣) 26 Kaapstad Proefleser/Kopieskrywer Christian Lee 23 Johannesburg Vervaardiger, koördineerder, stilis, seremoniemeester, kunstenaar Elridus Grobler 26 Bellville Fotograaf Jeannie Erasmus 22 Potchefstroom Student Jolene Fransman 31 Kaapstad Skenkermarknavorser Jurie Prins 32 Franschhoek Eienaar van ʼn vervaardigingsbesigheid en radio-omroeper Laura Stopforth 23 Stellenbosch Werk op Villiera-wynplaas Leilani Snyman 37 Wes-Rand Eienaar van 'n bemarkingsmaatskappy Leon Flemmer 35 Middelburg Korrektiewe Dienste Leveinia Botha 42 George Assistent-konsultant in menslike hulpbronne by die George-munisipaliteit Lilian Strauss 23 Kaapstad Student Tercia Jacobs 27 Gordonsbaai Kinderoppasser ♠ Tydens opname van die program. ♣ 'n Bynaam wat in Episode 2 deur Wicus Pretorius (beoordelaar) aan Christiaan Boonzaier gegee is om hom van sy naamgenoot Christian Lee te onderskei.

Uitskakelingstabel Die uitskakelingstabel wys watter deelnemers in elke episode veilig is (groen-blokkie) en watter deelnemers uitgeskakel is (rooi-blokkie). Deelnemers wat na Die Hok gestuur word en moontlik uit die kompetisie geskakel kon word, word met 'n geel-blokkie aangedui. Die finaliste is met 'n maroen-blokkie en die wenner met 'n blou-blokkie aangedui.

Die deelnemer(s) wat in elke episode uitgestem word verskyn heel onder, terwyl die deelnemers wat ná elke episode nog in die kompetisie oorbly in alfabetiese volgorde volgens naam gerangskik is.

Deelnemer Week 1♦ Week 2 Week 3 Week 4 Week 5 Week 6 Week 7♦ Week 8 Week 9♥ Week 10 Week 11 Week 12 Week 13Christiaan BoonzaierAstrid Lippert-FisherJeannie ErasmusJurie PrinsJolene FransmanChristian LeeLaura StopforthLeilani SnymanTercia JacobsElridus GroblerLilian StraussLeon FlemmerLeveinia Botha

Wenner Finalis Veilig Onveilig Uitgeskakel

♦ Geen deelnemer is in hierdie episode uitgeskakel nie. ♥ Twee deelnemers is in hierdie episode uitgeskakel.

Opsommings van episodes

Episode 1 In die eerste episode (wat op 17 Julie 2012 uitgesaai is) is Saktyd se drie beoordelaars – Izelle Venter, Wicus Pretorius en Haidee Muller – bekendgestel. Al drie lewer insette oor wat hulle in die perfekte kandidaat soek. Izelle neem kykers op 'n toer van die Huisgenoot-kantore wat twee vloere in die Naspers-gebou in Kaapstad beslaan. Van die sowat 150 redaksielede stel hulleself ook aan kykers voor.

Daarná word verskeie oudisies van die top-100-kandidate gewys (wat uit 1000 aansoeke aangewys is). Party sing en ander probeer die beoordelaars met lekkers omkoop; van die deelnemers weet nie wie Gill Marcus, Maria Ramos, Zahara of Angie Motshekga is nie, en meeste sukkel om die woorde 'onmiddellik' en 'Franschhoek' reg te spel.

Uiteindelik word net 13 uit die top-100 gekies om aan die program deel te neem. Elkeen in die top-13 stel hom/haarself aan die beoordelaars en kykers voor. Izelle kondig aan dat kykers in die volgende episode die deelnemers meer persoonlik, by hul huise, sal leer ken.

Uitgeskakel: Niemand is in dié episode uitgeskakel nie.

Episode 2 Die tweede episode (wat op 24 Julie 2012 uitgesaai is) begin met kort profiele oor elkeen van die 13 finaliste; die diverse groep word indiepte by hul huise, op die gholfbaan, in 'n gimnasium en by die see (om net 'n paar voorbeelde te noem) bekendgestel.

Daarná kondig Izelle (hoofbeoordelaar) aan dat 'n skemerkelkpartytjie ter viering van die deelnemers op die Naspers-gebou se dak vir hulle gehou sal word. Vele bekendes en belangrike mense in die media woon die partytjie by; nadat die Saktyd-finaliste aan hulle bekend gestel word, gaan die deelnemers met die bekendes om. Wat die deelnemers egter nie weet nie, is dat hulle eintlik inligting by die bekendes moet versamel om 'n 350-woord artikel binne 30 minute te voltooi. Dié skok word ná die partytjie aan hulle oorgedra. Izelle las ook by dat die persoon wat die swakste vaar uit die kompetisie gestem sal word.

Ná 30 minute se skryf word die artikels ingesamel. In 'n aparte kamer, weg van die deelnemers, lewer die beoordelaars fel kritiek op die artikels: volgens Izelle het baie min van die finaliste geluister na die opdrag; van hulle het ook oor hulleself geskryf, terwyl die artikel oor die bekendes moes wees. Wicus (beoordelaar) sê ook dat van die artikels hom naar maak.

Voor die deelnemers loof Izelle vir Jeannie, wie se artikel bo almal s'n uitgestaan het. Christiaan (Rooibaard), Leilani en Jurie word op hul beurt as teleurstellend beskryf. In die laaste minute van die program is dit egter Leveinia wat uitgestem word, nadat daar in haar artikel, volgens Izelle, nie een publiseerbare sin was nie.

Uitgeskakel: Leveinia Botha

Episode 3 In die derde episode (wat op 31 Julie 2012 uitgesaai is) word die deelnemers in twee spanne verdeel: Lilian word aangestel as die kaptein van die Komma-span (met Astrid, Christiaan [Rooibaard], Christian, Jeannie, en Tercia onder haar leiding), terwyl Elridus aangewys word as die Punte-span se kaptein (met Jolene, Jurie, Laura, Leilani en Leon onder sy vlerk).

Die top-12 word uitgedaag om Huisgenoot se Facebook-blad oor te neem en "likes" te genereer. Elke span kry 3 "posts" ('n teksboodskap; 'n teksboodskap met 'n foto, en 'n teksboodskap met 'n video). Die span wat die meeste "likes" genereer sal as die wenner gekroon word. Elke span word bygestaan deur twee beroemdes uit die Suid-Afrikaanse musiekbedryf: Wicus van der Merwe (wat die Komma-span bystaan) en Emo Adams (wat in die Punte-span meeding). Twee spanlede van elke span besoek ook die Kaapse radiostasie 94.5 Kfm, waar hulle op Elana Afrika se radioprogram luisteraars aanpor om hul bydraes op die Huisgenoot Facebook-blad te ondersteun.

Ná afloop van die taak loof Izelle (hoofbeoordelaar) die Punte-span se kreatiwiteit, wat vir hulle bykans 5000 "likes" gegenereer het – 'n rekord op Huisgenoot se Facebook-blad. Alhoewel hulle veel meer "likes" gekry het as die Komma-span se bykans 3500 "likes", bevraagteken Izelle en Wicus (beoordelaar) egter die Punte-span se integriteit. In een van hul "posts" het die Punte-span belowe om Emo Adams se hare af te skeer indien hulle 3000 "likes" kry; toe Huisgenoot-lesers hulle met bykans 5000 "likes" verras, het hulle teruggegaan op hul woord en nie die belofte uitgevoer nie. Volgens Izelle sou 'n Huisgenoot-werkgewer wat dieselfde integriteitlose besluite in die praktyk geneem het, 'n skriftelike waarskuwing ontvang. Weens hul roekelose besluit en skade aan die Huisgenoot-handelsmerk (met baie Facebook-aanhangers wat gedreig het om die Huisgenoot Facebook-blad as aanhangers te verlaat), is die wenners, die Punte-span, na Die Hok gestuur – 'n vertrek wat vir die eerste keer in Saktyd in dié episode bekendgestel is.

In Die Hok word die verloorspan ondervra oor besluite wat hulle in die taak geneem het. Nóg 'n nuutjie word met die deelnemers gedeel: vir die eerste keer moet hulle self een van hul mede-deelnemers uitstem. Die uitslag van die stemme is as volg:

Deelnemer Stem Vir Elridus Jolene Jolene Elridus Jurie Leon Laura Leon Leilani Leon Leon Elridus

Weens sy blaps op 94.5 Kfm (toe hy Emo Adams met Riaan Cruywagen misgis het) en sy algehele bydra tot die taak, word Leon uitgestem.

Uitgeskakel: Leon Flemmer

Episode 4 In die vierde episode (wat op 7 Augustus 2012 uitgesaai is), ontmoet die Komma-span (Astrid, Christiaan [Rooibaard], Christian, Jeannie, Lilian en Tercia) en die Punte-span (Elridus, Jolene, Jurie, Laura en Leilani) vir die drie beoordelaars by Paarl Media in Kaapstad — die grootste drukkery in Afrika en een van die grootstes in die Suidelike Halfrond; daar word weekliks sowat 400 000 Huisgenote hier gedruk.

Die spanne ontvang elk 300 Huisgenoot en Die Burger-kombinasiepakke en word uitgedaag om die pakke by verkeersligte en op straat in Durbanville, Kaapstad vir R20 te verkoop. Met aanvang van die taak gaan die Punte-span strategies te werk en fokus hul aandag op massaverkope: Jolene verkoop 100 kombinasiepakke aan die Universiteit Stellenbosch se bestuurskool, terwyl Elridus (komies) 50 aan sy ma verkoop. Die Komma-span, afgesien van Jeannie, het hul verkope op die verbygaande verkeer gefokus; Jeannie het die kombinasiepakke sorteer en die finansies behartig.