Die hoedespeldlukwart (Oxyanthus pyriformis) is 'n plant wat as struik voorkom maar ook as 'n boom groei wat tot 10 m hoog word. Dit groei in die vogtige immergroenwoude van KwaZulu-Natal. Die spesie is ook inheems in Kenia, Mosambiek en Tanzanië. Die blomme is wit en aantreklik met buise van tot 7 cm lank. Die vrugte is sag en word tot 4 cm lank. Hulle is geel tot ligrooi wanneer hulle ryp is. Die boom se FSA-nommer is 696.2.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Subspesies Die spesie het vier subspesies: Oxyanthus pyriformis subsp. brevitubus Bridson Oxyanthus pyriformis subsp. longitubus Bridson Oxyanthus pyriformis subsp. pyriformis Oxyanthus pyriformis subsp. tanganyikensis Bridson
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Oxyanthus Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië