Die Kierieklapper (Combretum hereroense) is 'n klein boompie wat voorkom in die Krugerwildtuin, in die bosveld noord van Pretoria en suidwaarts tot binne KwaZulu-Natal. Die blaar lyk amper soos 'n muis se oor en die kleur wissel van diep tot grysgroen aan die bokant. Aan die onderkant is dit dikwels bedek met digte bruin, fluweelagtige hare wat die boom 'n bruin voorkoms gee. Die blare word deur vee en wild gevreet.

Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Eswatini, Ethiopië, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Somalië, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Subspesies Daar is vier subspesies: Combretum hereroense subsp. grotei (Exell) Wickens Combretum hereroense subsp. hereroense Combretum hereroense var. parvifolium (Engl.) Wickens Combretum hereroense subsp. volkensii (Engl.) Wickens

Die boom se FSA-nommer is 538.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online PlantZAfrica

Kategorie:Combretum Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe