Die valskatjiepiering (Rothmannia capensis) is 'n klein boompie wat veral voorkom op die heuwels rondom Pretoria en Johannesburg. Dit is ook inheems aan Botswana en Eswatini.

Die boom groei vanaf seevlak tot omtrent 1600 m bo seevlak in immergroen woude, bosryke klowe en op rotsagtige hellings. Die bas is grysbruin, fyn gekraak en skilfer af. Die kenmerkende pienk onderbas skyn dan deur. Die blare is glansgroen en het klein, harige sakkies aan die onderkant in die oksels van die are. Aan die bokant kan die sakkies as knoppe gesien word. Die blomme is tot 8 cm lank en het 'n soet geur. Die geur bly al is die blom verdroog. Die vrugte is groen, sferies en 7 cm in deursnee. Die boom staan ook bekend as die Witklokke. Die boom se FSA-nommer is 693.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika capensis Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika