Die boskatjiepiering (Gardenia thunbergia) is 'n klein boompie wat natuurlik voorkom in immergroen woude in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Die spesie is ook inheems in Mosambiek. Die blomme is wit, swaar gegeur en is tot 70 mm in deursnee. Die boom staan ook bekend as die witkatjiepiering. Die boom se vrugte bly maande lank aan die boom, is gryserig en taamlik glad met verhewe witterige spikkels.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Kategorie:Gardenia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika