duimnael|links|Skets.
Die wildegranaat (Burchellia bubalina) is 'n monotipiese genus in die Rubiaceae familie. Die genus het neet een spesie, viz. Burchellia bubalina, wat endemies is aan Suider-Afrika.
Die klein boompie of struik is wydverspreid aan die oostelike en suidelike gedeeltes van die land. Die boompie groei in woude, oop boswêreld, grasveld en moerasse. Die aanskoulike blomme is tot 25 mm lank en is reukloos. Hulle bevat nogtans groot hoeveelhede nektar wat die voëls lok. Die boom se FSA-nommer is 688.
Die boom se bas en wortels word medisinaal aangewend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bron Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Monotipiese takson