Die boomaalwyn (Aloidendron barberae) - voorheen Aloe barberae en Aloe bainesii https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77125489-1 - is 'n boom wat vanaf die Oos-Kaap, deur KwaZulu-Natal tot in Mpumalanga voorkom. Dit kom ook voor in Eswatini en Mosambiek. Hierdie spesie is die grootste en hoogste aalwyn en word tot 18 m hoog. Dit groei in gebiede wat hoë jaarlikse reënval geniet in digte bosse of beboste klowe en op ruwe berghellings. Die blomme word regop in are gedra en hulle is roospienk tot oranje met groen punte.
In die Krugerwildtuin is hulle beperk tot twee rivierklowe net noord van die Krokodilrivier in die Malelane-omgewing. Die boom se FSA-nommer is 28.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
In Engels staan die plant bekend as tree aloe.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Susan Carter, John J. Lavranos, Leonard E. Newton, Colin C. Walker: . Kew Publishing, Royal Botanic Gardens, Kew 2011, , S. 695. Leonard Eric Newton: . In: Urs Eggli (Hrsg.): . Eugen Ulmer, Stuttgart 2001, , S. 113–114. Moran, R. 1992. Aloe wild in California. Cact. Succ. J. (Los Angeles) 64: 55-56. Reynolds, G. W. 1982. The Aloes of South Africa, ed. 4. Rotterdam. Urs Eggli (Hrsg.): Sukkulenten-Lexikon. Einkeimblättrige Pflanzen (Monocotyledonen). Eugen Ulmer, Stuttgart 2001, , S. 104–193. Walter C. Holmes & Heather L. White: Aloaceae in der Flora of Northern America, Volume 26, S. 410: Aloe - Online.
Eksterne skakels
Kategorie:Aloidendron Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika