Strelitziaceae is die strelitzia-familie wat hoort tot die orde Zingiberales. Wêreldwyd hoort daar slegs nege spesies tot die familie waarvan vyf in Suider-Afrika voorkom en daarvan is drie piesangagtige bome. Die bekendste lid van die familie is die Kraanvoëlblom, ook 'n gewilde tuinplant.
Taksonomie Die Strelitziaceae bevat drie genera, wat almal in tropiese tot subtropiese streke voorkom: Strelitzia met vyf spesies in Suider-Afrika, Ravenala met 'n enkele spesie in Madagaskar, en Phenakospermum met 'n enkele spesie in die noorde van Suid-Amerika.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies