Die Safsafwilger (Salix mucronata) - voorheen geklassifiseer as Salix subserrata - is 'n klein boompie wat groei langs rivieroewers, strome en op eilande in riviere. Dit is die enigste inheemse wilgerboom in Suider-Afrika. Baie subspesies word erken. Die stamme is meestal verwronge of amper platliggend as gevolg van die krag van vloedwater. Die wortels was voorheen verwerk tot 'n middel wat vir hoofpyn en koors gebruik is. Die bas kan as tou gebruik word en mandjies word met die dun takke gevleg. Die boom staan ook bekend as die Fluitjieswilger en die Kaapse wilgerboom.

Galery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Salix