Die Wonderboomvy (Ficus salicifolia) is 'n mediumgroot boom (tot 10 m hoog) wat wydverspreid in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes voorkom. Die spesie se vrugte is klein, 6 mm in deursnee. Hulle is aanvanklik groenerig-wit maar word pienk wanneer dit ryp is. Hierdie spesie is die bekende Wonderboom in Pretoria. Die boom se FSA-nommer is 60.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Die boom kom ook in die volgende lande voor: Algerië, Botswana, DR Kongo, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Katar, Kenia, Koeweit, Libië, Malawi, Mosambiek, Niger, Oman, Saoedi-Arabië, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sokotra, Soedan, Somalië, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Verenigde Arabiese Emirate, Zambië en Zimbabwe.
Nelspruit Hierdie boom het die nuusvoorblad gehaal nadat 'n spesie van tussen 215 en 265 jaar oud uitgehaal sou word, omrede dit in die pad van die N4 nasionale pad was. Nadat die gemeenskap kapsie gemaak het, is die pad herbeplan en die boom behou.
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
salicifolia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Algerië Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Djiboeti Kategorie:Flora van Egipte Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Katar Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Koeweit Kategorie:Flora van Libië Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Oman Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Sokotra Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van die Verenigde Arabiese Emirate Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe