Ficus (vyebome) is 'n genus wat behoort tot die familie Moraceae. Hierdie genus sluit al die inheemse vyebome in. Dit sluit ook die ingevoerde gekweekte vy Ficus carica in. Dié vy is afkomstig van die Middellandse See.
Al die spesies van hierdie genus gee 'n melkerige sap af wanneer 'n blaar of vy gepluk word. Almal dra eetbare vrugte alhoewel dit kleiner en droër is as die gekweekte vy. Die vy is eintlik glad nie 'n vrug nie. 'n Vyeboom se blomme groei in werklikheid aan die binnewand van die vy.
Spesies Volgens Plants of the World Online is daar 875 aanvaarde Ficus spesies, sedert Maart 2021.
Suid-Afrikaanse spesies Besemtrosvy (Ficus sur) Bosvy (Ficus craterostoma) Gewone wildevy (Ficus thonningii) = F. burkei Grootblaarrotsvy (Ficus abutilifolia) Harige rotsvy (Ficus glumosa) Kleinblaarrotsvy (Ficus tettensis) Kolletjiesblaarvy (Ficus nigropunctata) Kuswurgvy (Ficus natalensis) Laeveldvy (Ficus stuhlmannii) Moerasvy (Ficus trichopoda) Namakwavy (Ficus cordata) Petersvy (Ficus petersii) Pondovy (Ficus bizanae) Rooiblaarrotsvy (Ficus ingens) Treurvy (Ficus benjamina) Trosvy (Ficus sycomorus) Wonderboomvy (Ficus salicifolia)
Spesies in ander lande Kruipende vy (Ficus pumila)
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Lötter, J. de V.: The Fig in South Africa. Elsenburg: Wes-Kaapse Departement van Landbou, 2014.
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika