duimnael|Chakalaka

Chakalaka of tjakalaka is 'n eg Suid-Afrikaanse gekruide groentestowegereg wat met enige van die volgende voorgesit kan word: brood, mieliepap, stampmielies, stowegeregte en kerries. Om sy sterk smaak te temper, word dit dikwels saam met amasi (suur dikmelk of maas) opgedien.

Oorsprong en bestanddele Chakalaka het volgens oorlewering in die townships van Johannesburg ontstaan.

Dit het dalk sy oorsprong op die goudmyne om Johannesburg gehad toe Mosambiekse mynwerkers wat van skof af gekom het, gaar geblikte produkte (soos tamatiestowe en sousboontjies) met rissies of ander kruie gemeng het sodat hulle iets met 'n Portugese smaak saam met hul pap kon eet.

Daar bestaan verskeie resepte oor hoe om chakalaka voor te berei, afhangend van kultuur of familietradisie. Die meeste soorte sluit nierboontjies, tamaties, wortels, uie, kerrie, knoffel en soms ertjies of groenbone in.

Verwysings

Kategorie:Geurmiddels Kategorie:Groentegeregte Kategorie:Namibiese kookkuns Kategorie:Suid-Afrikaanse kookkuns