Die doringolm (Chaetachme aristata) is 'n boom wat vanaf Port Elizabeth tot in die noorde van KwaZulu-Natal voorkom, asook by strome en in klowe in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo. Die boom kan tot 13 m hoog word en kry 'n digte blaardak veral laag af. Die blare is donkergroen, dik en leeragtig elk met 'n borselhaar aan die punt. Gepaarde dorings word in die blaaroksels gedra. Die vrugte is geel, sowat 1.5 cm in deursnee. Die hout is hard en gelerig.

In Afrika kom die boom voor in: Angola, Benin, Botswana, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Eritrea, Ethiopië, Gaboen, Ghana, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:851209-1

Die boom se FSA-nommer is 43.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Dit word ook die basterwitpeer en in Engels die thorny elm genoem.

Die boom is die enigste spesie in die genus, dit is dus 'n monotipiese genus.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. de Winter, B. en J.B. Killick: Thorn-trees of the Lowveld. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 15, nr. 2, Desember 1965

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Gaboen Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe