Mninwa Johannes Mahlangu (8 Oktober 1952) is 'n Suid-Afrikaanse ANC-politikus. Hy was 'n parlementslid in die voormalige Lebowa-tuisland onder dr. C.N. Phatudi. Daarna was hy, as 'n lid van die ANC, die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (2004–2014), en 'n lid van die Pan-Afrika Parlement.

Mahlangu het van 23 Februarie 2015 tot Maart 2020 as Suid-Afrika se ambassadeur in die Verenigde State van Amerika gedien.http://www.state.gov/s/cpr/94442.htm

Verwysings

Eksterne skakels Parlement van Suid-Afrika – M. J. Mahlangu

Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse ambassadeurs in die Verenigde State Kategorie:Suid-Afrikaanse politici