Die koringblom (Scabiosa africana) is 'n meerjarige blomplant wat blom vanaf September tot Februarie. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap. Die plant is 'n vinnige groeier met 'n grysgroen loof en mooi ligpers blommetjies aan lang stele. Die plant kan ook as 'n grondbedekker gebruik word. Dit benodig vol son en matig water.

Galery

Bronnelys

Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

africana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Blomme Kategorie:Rankplante Kategorie:Tuinplante