Die heuningmagriet (Euryops virgineus) is 'n klein struik wat blom vanaf Julie tot September. Die plant is 'n digte, bosagtige struik met 'n fyn, donkergroen loof en baie klein, geel blommetjies. Dit benodig vol son en matige water en vorm 'n ronde bos van 1.5 tot 2 meter hoog.

Fotogalery

Verspreiding Die natuurlike habitat van hierdie struik is rivieroewers, heuwelhange en woudrande in die suide van die Wes-Kaap en Oos-Kaap.

Ekologie Die Heuningmargriet lok baie bye wanneer dit blom.

Tuinbou Hierdie vinnig-groeiende, immergroen struik vereis goedgedreineerde grond, met baie kompos en moet altyd in ‘n sonnige area geplant word. Dit is geskik vir ‘n nuwe tuin, aangesien dit so vinnig groei, maar moet elke 5 jaar vervang word. Snoei die Heuningmargriet nadat dit klaar geblom het, om te keer dat dit slordig begin lyk. Dit kan veral in die laatsomer hard gesnoei word.

Voortplanting geskied deur saad of steggies.

Bronne

Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 Die Suid-Afrikaanse watter blom is dit? Kristo Pienaar. 2000 Struik Uitgewers. Skeppende tuinmaak met inheemse plante. Pitta Joffe. 2003. Briza Publikasies. Begin Inheems. Anneke Kearney. 2008. Metz Press. Keith Kirsten se volledige tuingids vir Suid-Afrika. Keith Kirsten. 1992. Human & Rousseau.

Eksterne skakels Heuningmagriet op SANBI Euryops virgineus

Kategorie:Struike Kategorie:Tuinplante Kategorie:Euryops Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika