Die bosviooltjie (Barleria repens) is 'n klein struik wat blom vanaf Februarie tot April. Dit is inheems aan die provinsie KwaZulu-Natal van Suid-Afrika en word op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.

Die plant is 'n vinnige groeier met blink, saggroen blare en pers en pienkrooi buisvormige blomme. Die plant versprei vinnig en benodig gedeeltelike skadu en matige water.

Verspreiding Dit kom ook in Kenia, Mosambiek en Tanzanië voor.

Galery

Verwysings

Bronnelys

Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 REDLIST Sanbi Plants of the World ONline

repens Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Struike Kategorie:Tuinplante