Die kransaalwyn (Aloe arborescens) is 'n struik wat hoort tot die aalwynfamilie Asphodelaceae en vanaf Mei tot Julie blom. Die struik is rond, groei vinnig en het vlesige, blougrys blare en helderrooi, buisvormige blomme aan are. Die plant floreer in vol son en benodig min water.
Die spesie kom in Eswatini, Malawi, Mosambiek, Suid-Afrika en Zimbabwe voor.
Die boom se FSA-nommer is 28.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Subspesies Die plant het ook twee subspesies: Aloe arborescens subsp. arborescens Aloe arborescens subsp. mzimnyati van Jaarsv. & A.E.van Wyk
Galery
Sien ook
Lys van aalwynspesies Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 Plants of the World Online
arborescens Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe