Die Kompas (Latyn: Pyxis) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit verteenwoordig ’n seeman se kompas. Die Kompas kan suid van 53 grade noord gesien word en is op sy sigbaarste van Januarie tot einde Maart.
Dit is naby die drie sterrebeelde die Agterdek, Kiel en Seile geleë. Dié drie het eeue gelede een konstellasie, die skip van "Jason en die Argonoute" (Argo Navis), gevorm. In die 19de eeu het die sterrekundige John Herschel voorgestel dat die Kompas na die "Mas" hernoem word, maar dit is nooit gedoen nie.
Verwysings Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. . Princeton University Press, Princeton. .
Eksterne skakels Star Tales – Pyxis
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia