Die kankerbossie (Lessertia frutescens) - dit word ook gansies genoem - is 'n klein struik wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is inheems in Botswana, Lesotho, Namibië en Suid-Afrika. In Suid-Afrika kom die plant in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat en die Wes-Kaap voor.
Die spesie blom wat vanaf Julie tot Desember. Die plant, 'n vinnige groeier, benodig vol son en min water om te groei. Dit het 'n silwergrys loof, oranje pronkertjievormige blomme en pienkrooi peule. Die struik het baie medisinale gebruike.
Die kankerbossie het verskeie volksname, onder andere: blaasbossie, blaas-ertjie, eendjies, gansiekeurtjie, klappers en hoenderbelletjie.
Galery
Verwysings
Bronnelys
Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Struike Kategorie:Tuinplante frutescens Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika