Die Akkedis (Latyn: Lacerta) is een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit is dof en klein en is in 1687 geskep. Die sterrebeeld is in die noordelike hemelruim te sien. Die noordelike deel lê in die Melkweg.

Ruimtevoorwerpe Die Akkedis is tipies van sterrebeelde in die Melkweg: geen helder sterrestelsels of bolvormige sterreswerms kom voor nie, maar wel oop swerms soos NGC 7243, die dowwe planetêre newelvlek IC 5271 en ’n hele aantal dubbelsterre.

Alpha Lacertae, die hoofster en ’n optiese dubbelster, het ’n oënskynbare helderheid van net 3,77 mag. Die sterrebeeld het geen sterre van helderder as 4 mag nie. Die veelster Roe 47 bestaan uit vyf komponente.

ADS 16402 is ’n dubbelster in die Akkedis met ’n besonderse planeet: Die digtheid is laer as dié van kurk.Puzzling Puffy Planet, Less Dense Than Cork, Is Discovered – New York Times Die planeet, HAT P-1, is omtrent so groot soos Jupiter.

Verwysings

Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. . Princeton University Press, Princeton. .

Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Lacerta Star Tales – Lacerta

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia