Die blinkblaar-wag-’n-bietjie (Ziziphus mucronata) is ’n bladwisselende boom wat algemeen in die bosveld en selfs dele van die hoëveld voorkom.

Verspreiding Die boom is inheems aan feitlik die hele Suider-Afrika, met die uitsondering van die Suidwes-Kaap, Suidwes-Botswana, die kusgebiede van Namibië en dié van Mosambiek. Dit kom ook voor in Angola, Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Guinee, Jemen, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Beskrywing Die boom is slaphangend en op die jong hout is daar gewoonlik aan weerskante van die blaarsteel ’n paar baie skerp dorings, die een krom en die ander reguit. Die glansende groen blare is kenmerkend en die blaarbasis is simmetries met die blaarrand uiters fyn geskulp. Die boom dra klein, gelerige blomme met 'n deursnee van 6 mm. Die vrugte is tot 1,5 cm in deursnee en hoewel eetbaar, is dit nie baie smaaklik nie. Die vlees van die vrugte is dun, droog en melerig. Die boom het baie medisinale gebruike.

Die blinkblaar-wag-’n-bietjie is as Suid-Afrika se Algemene Boom van die Jaar vir 2017 aangewys, en die boom se FSA-nommer is 447.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Subspesies Die boom het twee subspesies: Ziziphus mucronata subsp. mucronata Ziziphus mucronata subsp. rhodesica R.B.Drumm.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Ziziphus Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Djiboeti Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Gambië Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mauritanië Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe