Die blinkblaar (Rhamnus prinoides) is 'n struik of klein boompie wat deel van die Rhamnaceae familie is. Die spesie is inheems in Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kameroen, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Soedan, Suid-Afrika, Suid-Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrik kom die spesie in al die provinsies voor.

Die plant is normaalweg meerstamming. Dit is wydverspreid en kom voor langs strome en riviere in die middelhoë en hoogliggende woude van Suid-Afrika. Die bome het opvallende glansryke groen blare waarvan die boonste tweederdes fyn getand of geskulp is. Die boom dra klein vruggies van ongeveer 5 mm in deursnee. Soos hulle ryp word verkleur hulle van blinkrooi na dofrooi tot hulle eindelik swart is.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Suid-Soedan Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe