Die kruisbessie (Grewia occidentalis) is 'n klein boompie en word aangetref op die rande van woude en in oop droë veld, oop bosveld of as 'n semi-klimplant in immergroen woude. Die takke is dikwels dun en slaphangend of rankend van aard. Die blare groei drie-arig vanuit die basis. Die vrug is vierlobbig, vierkantvormig, 25 mm in deursnee en rooibruin wanneer volwasse. Die blomme is meestal ligpers en sowat 30 mm in deursnee.
Subspesies Die spesie het twee subspesies: Grewia occidentalis var. litoralis Wild Grewia occidentalis var. occidentalis
Verspreiding Die boom is inheems in Eswatini, Lesotho, Mosambiek, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Oos-Kaap, Vrystaat en die Wes-Kaap voor.
Galery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
occidentalis Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe