Die Wildemoerbei (Trimeria grandifolia), ook bekend as die tropiese grootblaarwildemoerbei, is 'n klein tot middelgroot boom wat in immergroen kus- en bergwoude voorkom.
Beskrywing Die blare is enkelvoudig, donkergroen en ronderig wat amper soos die dié van die Moerbeiboom lyk. Die blomme is klein en groenerig. Die vrugte is 5 x 2.5 mm groot wanneer hul ryp is, bars dan oop en stel klein, donkergrys sade vry wat elk 'n rooi aanhegsel aan die een kant het.
Die boom is 'n bietjie kleiner maar die blare groter as die bruinysterhout.
Verspreiding Die spesie is inheems in Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Kameroen, Kenia, Lesotho, Mosambiek, Rwanda, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, die Oos-Kaap, Vrystaat en die Wes-Kaap voor.
Habitat Die boom kom in dieselfde habitatte as die bruinysterhout voor (immergroen kus- en bergwoude).
Supspesies Die spesie het twee subspesies: Trimeria grandifolia subsp. grandifolia Trimeria grandifolia subsp. tropica (Burkill) Sleumer
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika grandifolia Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zimbabwe