Die Knoppiesdoring (Senegalia nigrescens) is 'n boomspesie in die Fabaceae familie is. Die boom se FSA-nommer is 178.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan dit bekend as die knob thorn.
Beskrywing Die immergroen boom bereik 'n hoogte van 5 ‒ 18 m met 'n digte, uitgespreide kroon en meestal 'n lang, kaal stam. Ou stamme is donkergrys van kleur en diep gegroef in die lengte. Behalwe die gebruiklike blomme en vrugte in peule, het die boom ook haakdorings in pare, redelik ver uitmekaar, wat tot 5 mm lank word. Onder die dorings vorm daar duidelike knoppe as uitgroeisels van tot 25 mm hoog op die bas.
Verspreiding Die boom kom voor in Limpopo, Mpumalanga en die noorde van KwaZulu-Natal. Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Ekologie Kameelperde vreet dikwels op die blomme en blare van hierdie boom, terwyl die saadpeule en blare deur 'n reeks soogdiere, insluitend olifante, gevreet word.
Gebruike 'n Salf wat van die wortels gemaak word, is tradisioneel gebruik om stuiptrekkings te behandel.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Piet van Wyk. 2008. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Senegalia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe