Die wildepruim (Harpephyllum caffrum) is 'n boom wat tot die Anacardiaceae familie hoort. Dit is die enigste spesie in die genus en Harpephyllum is dus 'n monotipiese takson. Dit staan ook as essenhout, gwenjabessie, suurbessie en suurpruim bekend.

Verspreiding Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap asook Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe.

Beskrywing Die boom het saamgestelde blare wat dig saamgepak is, soos 'n roset, aan die takkies se eindpunte. Die blaartjies is sekelvormig. Die vrug, van 2 cm in deursnee, is vlesig, suur en rooi wanneer dit ryp is.

Gebruike Daar word jellie en Rosé van die vrugte gemaak. Die boom se bas word gebruik vir tradisionele medisyne. Indien dié gebruik toeneem kan die spesie bedreig word. Dis 'n gewilde skaduboom, en party dorpe het dit as sierboom langs hul strate aangeplant.

Die boom se FSA-nommer is 361.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe